’n Futiele tree vorentoe

Die brug in Vereenigingrylaan wat nou nog nie geopen is nie, se lamppale is onlangs opgerig.


Die brug in Vereenigingrylaan wat nou nog nie geopen is nie, se lamppale is onlangs opgerig.

Met pik en graaf is die gate in die hitte van die dag vir die buitengewone hoë lamppale gegrawe.

Inwoners het water voorsien sodat werkers die taak kon voltooi. Maar o wee. Toe begin die kragvoorsieners met die kabels.

Jare gelede is die kabels van paal na paal gehang, maar weens die florerende bedrywigheid van die kabeldiewe is dit gestaak en het hulle ondergronds gegaan.

Deesdae sukkel die diewe om kabels in die hande te kry en sowaar, hier kom Centlec tot hul redding.

Hier op die brug in 2023, hang hulle weer kabels van paal na paal.

Liederlik, sal ek vir jou sê. Onooglik.

Die kabels word laag aan die ellelange pale vasgemaak sodat die diewe nie tot heel bo hoef te klim nie.

Nou wil ek net vra of hulle nie Kersliggies om die kabels wil draai om dit ’n bietjie op te helder nie. Ek en jy hoef nie vir die liggies se krag te betaal nie, want hulle kan dit mos sommer van een van die pale aftap. Helena Taljaard, Fleurdal

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.