In die somer is ’n mens gewoonlik lus vir maklike, vinnige en koel kosse. Hierdie wrap-resep is vinnig en jy het net vier bestanddele nodig. In hierdie weergawe van die resep is salm en slaai bestanddele gebruik. Jy kan egter maalvleis, steak-repies, tuna, hoender of enige oorskietvleis gebruik.
Wrap benodigdhede:
- 3 koppies meel
- 1 teelepel sout
- 50 ml olyfolie
- ongeveer 500 ml louwarm water
Vulsel:
- salm
- blaarslaai
- gesnyde tamatie
- gerasperde kaas
- mayonnaise
- sout en peper na smaak
Maak só:
Meng al die bestanddele saam in ’n bak en voeg die water bietjies op ’n slag by tot ’n deeg vorm.
Deel deeg in agt ewe groot balletjies en rol elkeen plat en besprinkel liggies met meel. Gooi ’n bietjie olie in ’n pan en bak elke plat stuk deeg tot gaar.
Pak dan vulsel soos verkies en vou toe. Gooi dan weer ’n bietjie olie in pan en braai liggies tot bruin.
Bedien en geniet!