‘n Titseltjie Frankryk aan die tafel

Die pryswennerwyn La Motte Sauvignon Blanc se 2022-wyn is perfek vir ’n gereg soos die Sole Véronique met sy romerige sous.


Die wynlandgoed La Motte se 2022 Sauvignon Blanc het vir dié oesjaar die gesogte Gilbert & Gaillard internasionale uitdaging se goue eerbewys ontvang.

Hierdie is een van Frankryk se belangrikste wyngidse vir meer as twee dekades. Onlangse gidse is in Frans, Engels, Chinees en Japannees gepubliseer.

La Motte se Wwynmaker Edmund Terblanche verduidelik die wyn word getoets sonder dat die paneel die wynlandgoed se naam sien. Dit word gedoen met ’n internasionaal bekende 100-punt stelsel.

Die La Motte se 2020 Sauvignon Blanc het die Mundus Vini goue-eerbewys van Duitsland ontvanggekry. Meer as 11 000 soorte wyn word jaarliks vir dié kompetisie ingeskryf en pryswenners kom van oor die wêreld heen.

“Dit is moeilik om die twee eerbewyse met mekaar te vergelyk, omdat die fokus verskil,” sê Edmund.

Dié 2022 het ’n vrugtige, lewende en klassieke elegansie wat eie is aan die terroir waaruit die druiwe kom – Stellenbosch (50%), Franschoek (25%) en die Kaapse Suidkus (25%).

“La Motte se Sauvignon Blanc bied goeie waarde vir geld. Dit bied ’n goeie balans tussen tropiese vrugtegeure en minerale, met 5% séemillon wat by die wyn gevoeg word om die wyn meer kompleks en interessant te maak.”

Edmund sê die 2022 is ’n heerlike wyn op sy eie, maar gaan baie goed as dit saam met kos bedien word. “Ons stel voor mense bedien dit met slaai – vars of geroosterde groente – maar ook die ryk en ingewikkelde smake van speseryryke Asiese geure, veral seekos en vars geroosterde vis.” Hy sê die La Motte Sauvignon Blanc se 2022-wyn is perfek vir ’n gereg soos die Sole Véronique met sy romerige sous.

Sole Véronique

Veéronique is ’n Franse roomsous gemaak van vermoet (droë wyn) en wit druiwe. Dit word dikwels bedien met delikate filette soos tongvis.

Jy benodig

20 g botter

2 tongvisfilette sonder die vel

200 ml visaftreksel

100 ml droë vermoeut

1 lourierblaar

150 ml room

200 g groen druiwe, in die helfte gesny en ontpit

Seesout en varsgemaalde witpeper

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verbruin die botter in ’n vlak pan. Plaas die vis in ’n oondbak en plaas klontjies botter bo-op.

Giet die visaftrekselstok en vermoeut om die vis. Smeer foelie met botter en bedek die vis daarmee. Bak vir 20 min.

Haal die vis uit die oond.

Gooi die vloeistof versigtig in ’n pan. Bedek die filette weer met foelie om dit warm te hou. Voeg die room by die kookmengsel en kook oor ’n hoë hitte. Laat dit uitkook tot ongeveer 100 ml vloeistof oorbly. Voeg die druiwe by en kook nog 2 min.

Bedien met klein, gekookte aartappels met botter en sag gekookte broccoli.

Bedien met die 2022 La Motte Sauvignon Blanc en geniet.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.