Elfies wat op die rakke wegkruip en ’n Kersvader wat deur die sentrum toer – dit is enkele van die lekkertes wat op klante wag wat Pick n Pay Reizis Square vandag (24/11), op sy verjaardag, besoek.
“Ons is baie opgewonde oor ons derde verjaardag,” sê bestuurder Phillip Theron.
“Ons het vanjaar besluit om met al die winkels by Reizis Square hande te vat en dit vir besoekers ’n prettige dag te maak.”
Elfies gaan op die Pick n Pay-rakke versteek wees, en elke klant wat een vind, staan die kans om lekker pryse te wen.
’n Oulike Kersvader gaan ook die ander winkels in Reizis Square besoek, waar pryse vir klante op die spel is.
Inkopiegangers kan boonop na spesiale verjaardag-aanbiedings oplet.
Klante kan ’n skenking van R50 vir Radio Rosestad se Gee-fonds doen en die geleentheid kry om die assistent-bestuurder van Pick n Pay Reizis, David Garrett, in water te dompel. David daag ook ander mense uit om aan dié prettigheid deel te neem.