N1 steeds gesluit nadat tenkwa ontplof

Die N1 in ’n noordelike rigting by die Nelson Mandelarylaan-afrit is vanoggend gesluit nadat ’n tenkwa met 93 000 liter paraffien gisteraand daar aan die brand geslaan het.


Die N1 in ’n noordelike rigting by die Nelson Mandelarylaan-afrit is vanoggend gesluit nadat ’n tenkwa met 93 000 liter paraffien gisteraand daar aan die brand geslaan het.

Hilary Mophethe, woordvoerder vir die departement gemeenskapsveiligheid, paaie en vervoer, sê die vragmotor se bestuurder het na wat verneem word beheer oor die voertuig verloor en die vragmotor het omgeslaan en aan die brand geslaan.

Die brandweer en noodpersoneel was vinnig op die toneel en het die N1 in beide rigtings suid en noord gesluit.

Na berig word is twee mense in die voorval lig beseer en eers op die toneel behandel voordat hulle na die Nasionale Hospitaal gebring is vir verdere mediese behandeling.

Die polisie, die provinsiale nooddiense, die verkeersdepartement, Life EMS, ER24, NetCare911 en VR Med het almal gehelp om die toneel beveilig.

As ’n voorsorgmaatreël is inwoners wat naby die toneel bly uit hul huise ontruim en die publiek is versoek om nie na die toneel te gaan nie.

Die brand is net ná middernag geblus.

Verkeer word nou deur die stad herlei van die Walter Sisulu-afrit af.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.