Die spelers van die Laerskool President Brand (PBS) se o.12-netbalspan het breed geglimlag oor die goue medalje wat hulle in die Bloemfontein-stadsliga verwerf het.
Hulle het op 6 Junie die span van die Laer Meisieskool Oranje in die liga geklop om na die Vrystaat-toernooi deur te dring.
Die span van PBS het op Saterdag 14 Junie in die halfeindstryd van die Vrystaat-netbaltoernooi, wat by die Laerskool Onze Rust beslis is, weer teen Oranje te staan gekom – en dié span weer geklop.
In die eindstryd het PBS egter teen die span van die Laerskool Jordania van Bethlehem vasgeval.
Die span het met hul tweede plek in die toernooi deurgedring na die nasionale toernooi, wat op 24 en 25 Julie in Pietermaritzburg beslis sal word.