Met die oorvloedige reëns is Naval Hill groen en gereed vir almal wat met kameras en selfone mooi foto’s wil neem.
Bloemnuus is ’n mediaborg van die Vriende van Franklin se jaarlikse fotografiekompetisie.
Foto’s wat op Naval Hill en in die Franklin-natuurreservaat op die koppie geneem is, kan ingeskryf word.
Die sluitingsdatum is Dinsdag 19 April.
Andri Grobbelaar, voorsitter van die Vriende van Franklik, sê hulle beoog om ná die kompetisie ’n prysuitdelingsplegtigheid te hou.
Die samestelling van die afdelings vir 2021-’22 se kompetisie gaan effens anders lyk as die vorige een waarvan die wenners op Bloemnuus se voorblad gepronk het. Daar gaan net vier afdelings wees, waarvan die laaste een nuut is:
* afdeling 1: Naval Hill-wildlewe (voëls uitgesluit, maar volstruise ingesluit);
* afdeling 2: Naval Hill-voëllewe (volstruise uitgesluit);
* afdeling 3: landskap van Naval Hill, of die stad soos van Naval Hill gesien; en
* afdeling 4: foto by Reizis Square se kameelperd-kuns.
* afdeling 1: Naval Hill-wildlewe (voëls uitgesluit, maar volstruise ingesluit);
* afdeling 2: Naval Hill-voëllewe (volstruise uitgesluit);
* afdeling 3: landskap van Naval Hill, of die stad soos van Naval Hill gesien; en
* afdeling 4: foto by Reizis Square se kameelperd-kuns.
Inskrywings kos R100 per afdeling, met ’n maksimum van drie foto’s per persoon, per afdeling. Die inskryfgeld sal aangewend word om die biodiversiteit van die ekostelsel te bewaar en voeding vir die wild in die Franklin-natuurreservaat te koop.
Andri sê die Vriende het besluit om vanjaar ’n nuwe afdeling by te voeg, ter viering van die kameelperdkuns wat Marius Jansen van Vuuren en Letshego Theodore Shago einde verlede jaar teen een van die buitemure van die Reizis Square-inkopiesentrum in Torbetstraat, Noordhoek, geskep het.
* Die inskryfvorm kan bekom word deur ’n e-pos na friendsoffranklin.bfn@gmail.com te stuur of Andri by 083-542-6556 te bel. Die wenfoto’s sal in Bloemnuus gepubliseer word.