Nederlandse sanger bekoor inwoners van Bethulie-aftreeoord

Die jong sangsensasie Amira Willighagen het Sondag (19/03) in Bethulie aangedoen om inwoners van die Residentia-aftreeoord te vermaak met haar suiwer stem.


Die jong sangsensasie Amira Willighagen wat volgende jaar met haar studies in musiek in die Kaap gaan begin, het Sondag (19/03) in Bethulie aangedoen om inwoners van die Residentia-aftreeoord te vermaak met haar suiwer stem.

Amira en haar ma Frieda was van Potchefstroom, waar hulle woon, onderweg na Franschhoek in die Kaap waar Amira die nuutste van twee speelparkies as deel van haar Stichting Gelukskinders-liefdadigheidsprojek geopen het. Sy het reeds 18 sulke speelparke in Potchefstroom laat aanlê en onderhou dit reeds die afgelope nege jaar.

Haar oorlede ouma Elsa se suster Jeanette (Nettie) de Goede en haar man Hennie is inwoners van Residentia. Amira het al haar CD’s vir haar tannie gestuur, maar toe sy die uitnodiging kry om in Bethulie te gaan optree, het sy die kans aangegryp.

In haar optrede het sy liedjies soos “O mio babbino caro”, die Nederlandse lied “Zoals vrienden doen”, gewyde liedere soos “How great though art”, “Jerusalem”, “The Lord’s prayer” en “Halleluja” van Anneli van Rooyen gesing.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.