Die Knights-krieketspan het Sondag (06/03) ’n afskeidsgeselligheid vir Allan Donald, voormalige Protea-snelbouler en Knights-afrigter, gehou. Hy het onlangs ’n pos as boulafrigter van Bangladesj se nasionale span aanvaar. Die eendagwedstryd teen die Rocks, wat Sondag (13/03) in die Paarl beslis word, is sy laaste aan die stuur van die Knights. Dié span se hulpafrigter, JP Triegaardt, neem die leisels as hoofbreier oor. Op die geselligheid is Donald, sy vrou, Tina, en Johan van Heerden, uitvoerende hoof van die Vrystaatse Krieketunie. Foto: Johann de Jager

You need to be Logged In to leave a comment.