Die Vyftigers tree binnekort in die Aasvoëlklub op.

Vier bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars vier vanjaar hul 50ste verjaardae en vier dit met ‘n unieke musiekvertoning.

Gian Groen, Schalk Joubert, Abel Kraamsaal en Neil Sandilands het byeengekom as Die Vyftigers wat 18 September by die Aasvoëlklub optree.

Bonop val hul vertoning saam met die 100ste viering van Afrikaans as amptelike taal.

Voeg dié twee gebeurtenisse bymekaar en jy kry ‘n onvergeetlike vertoning – ‘n musikale viering van die lewe, taal, stories en tyd.

Die Vyftigers is van links Schalk Joubert, Neil Sandilands, Abel Kraamsaal en Gian Groen. Foto: Verskaf

Dié vier manne kom elkeen met iets uniek na die verhoog.

Hulle het unieke stemme in die Afrikaanse musieklandskap en hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeulange reis eerbiedig die taal op ‘n besonderse wyse. Dit is ‘n produksie wat eerlik, rou en reguit is – vol liriek, lag, melodie en menswees.

Die begin

Die ontstaan van Die Vyftigers het begin tussen die appelboorde van Grabouw by Gian Groen se 50ste verjaardagpartytjie.

Tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn, het Neil Sandilands die lig gesien: vier musikale vriende wat almal vanjaar die 50ste mylpaal bereik in dieselfde jaar, wat Afrikaans 100 jaar oud word. ‘n Taal wat ‘n paar uitdagings moes oorkom en nie net soveel jare al oorleef nie, maar steeds floreer.

Dié kreatiewe toeval kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie en met net een oproep na elk, was almal aan boord.

Die Vyftigers tree binnekort in die Aasvoëlklub in Bloemfontein op.

So word Die Vyftigers gebore – ‘n unieke kruispunt tussen taal en tyd.

So het die viertal besluit om die langpad te vat en deur die land te toer met hul unieke vertoning.

Die Vyftigers is nie net ‘n musiekvertoning nie – dit is ‘n viering.

Aan die hand van liedjies uit elke kunstenaar se repertoire, asook nuwe skeppings, wat spesifiek vir hierdie produksie ontwikkel is, neem die kunstenaars gehore op ‘n reis deur persoonlike stories, taalgeskiedenis en tydlose klanke.

Die vertoning is ten volle in Afrikaans – ‘n danksegging aan die taal wat dit alles moontlik maak.

Of jy nou ‘n aanhanger is van Afrikaanse musiek, die kunstenaars self, of eenvoudig op soek is na iets eg, diep en vermaaklik – hierdie vertoning is ‘n moet-sien.

Die Vyftigers se vertoning in die Aasvoëlklub begin om 20:00 en kaartjies kos R200 by die deur. Rig navrae per WhatsApp by 084 559 899.

Die toer gaan verder:

Datum: Vrydag, 19 September 2025

Plek: Melkkan, Welkom

Kaartjies: Whatsapp 084 517 4699 / silevera@gmail.com

Datum: Saturday, 20 September 2025

Plek: Lake Umuzi Fees, Secunda

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersLakeUmuziFees

Datum: Sondag, 21 September 2025

Plek: Pierneefteater, Pretoria

Kaartjies: WhatsApp 0724605568 / info@pierneefteater.co.za

Datum: Woensdag, 24 September 2025

Plek: Ettienne Rosseau Teater, Sasolburg 

Kaartjies: https://ertickets.com

Datum: Donderdag, 25 September 2025

Plek: Yoons, Witrivier

Kaartjies: 063 478 6846 / info@yoonseatery.co.za / www.yoonseatery.co.za

Datum: Vrydag, 26 September 2025

Plek: Centurion Teater, Pretoria

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersCenturionTeater

Datum: Saturday, 27 September 2025

Plek: Loopstraat, Potchefstroom

Kaartjies: WhatsApp 082 571 8557 / looptherestaurant@gmail.com

Datum: Sondag, 28 September 2025

Plek: Matinee, Centurion Teater, Pretoria

Kaartjies: https://bit.ly/DieVyftigersCenturionTeater

VIR MEER INLIGTING, KLIEK HIER: https://linktr.ee/DieVyftigers

GIAN GROEN

Bekend vir ‘Vier Seisoene Kind’, bring sy kenmerkende vingerkitaarstyl en rou stem.

SCHALK JOUBERT

Met dekades se invloed in die musiekbedryf, dien met sy baskitaar as musikale anker en ritmiese gom.

ABEL KRAAMSAAL

Terug op die verhoog na jare in die korporatiewe wêreld, en honger vir die verhoog, bied vars insigte en kragtige lirieke.

NEIL SANDILANDS

Die hofnar en visuele impresario, verbind die produksie met humor, sinisme en teater flair.

Nog vermaak in die volgende week in BloemNuus: Lees hier.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article