Die o.17-span wat in sy afdeling van die toernooi gewen het, is van links, voor: Zané de Villiers, Arné Möller, Roechelle van der Merwe (kaptein) en Dimpho Totola

Die vier netbalspanne van die Hoërskool Jim Fouché het gekwalifiseer vir die Vrystaat-kampioenskap in Frankfort wat Saterdag (17/09) aangebied is.

Albei o.17-spanne het die kwarteindronde gehaal.

Die o.15-Groenspan het na die halfeindronde deurgedring en was derde in die toernooi ná ’n oorwinning oor die Hoërskool Fichardtpark.

Die o.17-Groenspan, onder leiding van Mary-Ann Goeieman, het die toernooi gewen met hul oorwinning teen die Goudveld-Hoërskool.

Albei spanne sal die Vrystaat verteenwoordig op die Suid-Afrikaanse Nasionale Fast 5-kampioenskapsbyeenkoms wat op 3 en 4 Oktober in Boksburg gehou word.

You need to be Logged In to leave a comment.