Die o.17A-span van die Hoërskool Jim Fouché was derde in die skolebestuursliggaam vir netbal in Suid-Afrika (SASN) se Fast 5-kampioenskapbyeenkoms, wat op 2 en 3 Oktober in Roodepoort aangebied is.
Altesaam drie netbalspanne van dié skool – o.15A, o.17A en o.17B – het in die Vrystaatse ronde van die Fast 5-kampioenskap gekwalifiseer om aan die nasionale toernooi deel te neem.