Netheid hier die wagwoord

Ná talle vergaderings waarin versoek is dat die woonbuurte Fleurdal en Genl. De Wet ingesluit moet word in die nuutgestigte Uitsig-woonbuurtvereniging, word daar nou voluit aan dié plan gewerk.


Ná talle vergaderings waarin versoek is dat die woonbuurte Fleurdal en Genl. De Wet ingesluit moet word in die nuutgestigte Uitsig-woonbuurtvereniging, word daar nou voluit aan dié plan gewerk.

’n Vergadering om inwoners van dié drie woonbuurte by die nuwe Defleursig-woonbuurtvereniging betrokke te kry, word vir Donderdag (09/02) om 18:00 by die NG kerk-Uitsig beplan.

Wilson Jafta, ondervoorsitter van Defleursig, sê die fokus van die vereniging gaan wees om dié woonbuurte skoon te maak en netjies en veilig te kry en te hou.

“Sedert ons begin het met die woonbuurtvereniging en samewerking met veiligheidsondernemings, het inbrake hier afgeneem,” sê hy.

“Nou kort ons net lede sodat ons met die ledegeld die openbare ruimtes netjies kan hou en die bome gesnoei kan word om veiligheid te bevorder.”

“Ons glo daaraan dat mense met mekaar moet gesels, jou bure leer ken en saamwerk aan ’n skoner en veiliger woonbuurt vir almal te skep.”

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.