Jo Black gaan op die groot aanbiddingsgeleentheid A Night with the King op 19 Augustus in die Toyota-stadion optree.
Quenton de Vries, watwat ’n span lei wat die organisering van dié reuse-geleentheid organiseer, sê hy het al ’n hele ruk die idee om ’n groot samekoms van dié aard in die rugbystadion te hou.
“Ná ’n moeilike twee jaar – waarin mense met uitdagings weens Covid-19 gekonfronteer is en ondernemings swaargekry het, of selfs weens die pandemie moes sluit – is daar steeds soveel waarvoor ons dankbaar moet wees,” meen hy.
Die geleentheid waarop hy en die reëlingskomitee 40 000 mense in die stadion byeen wil bring, word vir volgende week Vrydag om beplan18:00 beplan.
Benewens die optrede deur Jo Black, sal orkeste van ses plaaslike kerke musiek maak en die gehoor in bekende liedjies lei waarmee almal kan saamsingDie woorde sal op spesiale skerms vertoon word. Musikante is van kerke soos Our Father’s Home, Creare, AGS Siloam, Divine Restoration en Love One Another Ministries.
Talle NG kerke in die stad het hul gewig agter dié aanbiddingsgeleentheid gegooi, en die skole in Bloemfontein word ook genooi om betrokke te raak.
De Vries sê hulle wil ’n ware interkerklike byeenkoms reël, waarop mense ’n paar uur lank die Here vir sy goedheid kan loof.
Kaartjies kos R50 en R60, en is beskikbaar by Ticketpro, by Wild Canaan by Pres. Steynstraat 20, asook die betrokke kerkkantore en skole.
Rig navrae aan De Vries deur hom by 082-056-7853 te bel.


