Nog ’n man sterf by Heidedal nadat trein hom tref

Nog ’n voetganger is vanoggend (11/01) deur ’n trein by Heidedal, Bloemfontein, doodgery.


Nog ’n voetganger is vanoggend (11/01) deur ’n trein by Heidedal, Bloemfontein, doodgery.

Die polisie in Heidedal het om 07:30 ’n oproep ontvang dat ’n voetganger deur ’n trein naby Ooseinde getref is.

Op die toneel het hulle die lyk van ’n man met ’n swart trui met wit strepe gevind.

Sers. Mahlomola Kareli sê die identiteit van die man wat in sy 40’s is, is nog onbekend en hulle doen ’n beroep op die gemeenskap om die polisie te help om hom te identifiseer.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die polisie het voetgangers gemaan om goed op te let voordat hulle dié treinspoor oorsteek.

Kareli sê die Heidedal-polisiekantoor ondersoek gereeld gevalle waar mense dood is nadat hulle die treinspoor op onveilige gedeeltes oorsteek en nie op die toegewysde treinoorgange nie.

Enigeen met inligting oor die oorledene, word versoek om die Heidedal se stasiebevelvoerder by 071-606-5715 te skakel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.