Die jong Aiden Dednam (13) het op die pas afgelope Suid-Afrikaanse o.15-pluimbalkampioenskappe in Durban gewys dat hy beslis in sy pa se voetspore volg.
Aiden, seun van Chris Dednam wat die rekord hou vir die meeste Suid-Afrikaanse pluimbaltitels en ook aan twee Olimpiese Speles deelgeneem het, het met al die individuele titels op die toernooi van 30 Maart tot 5 April weggestap.
Aiden het die toernooi totaal oorheers en ook sy dubbelspel en gemengde dubbelspel gewen sonder om enige stelle af te staan.
Charltin, Aiden se broer, het ook opskuddings veroorsaak deur as 10 jarige by die toernooi spelers drie jaar ouer as hy op hulneuse te laat kyk. Charltin het die ouer spelersdie een ná die ander gewen om teen Aiden in die finaal te staan te kom. Daar was Aiden eenvoudig te sterk en het sy broer gewen.
Hul pa het in 1997 ook in die finale van die Suid-Afrikaanse o.15’-kampioenskap gespeel ook teen sy broer Roelof, en hy en Roelof het toe aangegaan om saam by die Olimpiese spele deel te neem. Kan die twee jong Dednam’s dit ook vermag?
Aiden en Charltin het ook saam die dubbels gewen deur alle kompetisie uit die weg te vee.
Aiden het toe die driekuns vervolmaak deur met, Melay Pretorius van Kimberley saam te span om die die gemengde dubbels te wen.
Die Vrystaat afrigters het baie verwagtinge van Aiden en die feit dat hy hard werk vir sy groei is ‘n goeie teken. Aiden het die laaste jaar eers fisies begin groei en was klein vir sy ouderdom so jaar gelede, maar dit het hom gedwing om nie op fisiese krag staat te maak nie, wat op die ouderdom ‘n baie groot voordeel is, maar ander vaardighede te skaaf wat hom baie meer in die toekoms sal baat soos sy fisiese krag natuurlik groei.
Die afgelope week was Bloemfontein ook ‘n miernes van bedrywighede vir Pluimbal, toe die senior nasionale groepe in Bloemfontein saamgetrek het om aan ‘n tegniese kamp deel te neem. Die kam is deur vorige Olimpiese spelers wat nou afrigters is, Dorian James (2004 en 2012) en Jacob Maliekal (2016) aangebied.