Nog skenkings word benodig

Soos elke jaar gaan vrywilligers by Torings van Hoop in Bloemfontein se middestad behoeftiges op Kersdag met ’n lekker ete en geskenkpakkies bederf.


Soos elke jaar gaan vrywilligers by Torings van Hoop in Bloemfontein se middestad behoeftiges op Kersdag met ’n lekker ete en geskenkpakkies bederf.

Om dit moontlik te maak, word die gemeenskap gevra om hul beursie oop te maak en ’n bydrae te lewer met skenkings.

Ds. De la Harpe le Roux van Torings van Hoop sê daar is reeds heelwat skenkings ontvang, maar baie word nog benodig.

Van die voorraad wat kort, sluit in: 500 klein bottletjies Coca Cola, 30 kg stampmielies, 47 liter vla, 476 buisies tandepasta, 491 tandeborsels, 497 koekies lyfseep, 350 botteltjies deodorant vir mans, 140 botteltjies deodorant vir vroue en baie lekkergoed en skyfies.

Le Roux sê by Torings van Hoop word die getalle by die sopkombuis al hoe hoër.

“Die hoogste getal was 246 mense op een middag. By ons kospakkie-program lyk die prentjie nog erger. Ons voorraad nie-bederfbare kos raak gereeld op.”

Vanjaar word die Kersete by Torings van Hoop ’n 17de jaar agtereenvolgens aangebied.

André Meyer, bestuurder van Torings van Hoop, sê mense kan betrokke wees deur voorraad te skenk, maar daar is ook hande nodig om die kos te maak, die pakkies te pak en mense wat op Kersdag kan help om die kos uit te deel.

Rig navrae oor skenkings vir die Kersete aan Meyer deur ’n e-pos te stuur na andre@towersofhope.org.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.