Hy was maar nege jaar oud toe hy begin het om aan ovaalbaanwedrenne deel te neem.
Saterdag (25/03) het Nathan van Breda (16) op die streekskampioenskapsbyeenkoms op die Bloem-ovaanbaan by Bloemskou gewys waarom hy in April verlede jaar SA 1 in die 1660-klas in Port Elizabeth, en ook SA 1 in September op Schoemanspark, geword het.
Nathan het die naweek in die 1660-afdeling gewen, met Danie van den Berg en Christoff Fourie in tweede en derde plek.
Jeandre Grobbelaar was tweede in die afdeling vir 1660-Saloons. Dawie Lombaard en Martin Koekemoer was eerste en tweede in die 2,1-afdeling. Dewald Ranft was eerste in die hitsmotor-afdeling (“hotrods”), met Johann Pitout tweede en Thaart Slater derde.
In die dwergmotor-afdeling (“midgets”) was Pieter Duitser Venter eerste, JP van Niekerk tweede en Quintin Ferreira derde.
Ben Buitendag was eerste in die Heavy Metals. In die Lexus-afdeling was Kyfie van Aardt eerste en Susan Breytenbach tweede. Nico Breytenbach was eerste in die AMS V8-afdeling en CJ Bitzer derde. Paul Welgemoed was derde in die vierwiel-afdeling (“quads”).
Danie van den Berg is aangewys as Saterdag se Koning van die baan.