NSFAS-studente oproerig oor laat uitbetalings

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) bied alle klasse tot Vrydag (04/08) so ver as moontlik aanlyn aan in reaksie op studente wat sedert Dinsdag sporadies op die UV se drie kampusse staak.


Die Universiteit van die Vrystaat (UV) bied alle klasse tot Vrydag (04/08) so ver as moontlik aanlyn aan in reaksie op studente wat sedert Dinsdag sporadies op die UV se drie kampusse staak.

Ontwrigtings het gister en vandag voorgekom oor reëlings met studente se toelae vanaf die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS).

Studente het vroeër vandag onder meer oor die kampus en vanaf die hoofingang met Nelson Mandelarylaan af geweeg.

Lacea Loader, die UV se direkteur van kommunikasie en bemarking, sê in ’n nuusverklaring die UV is nie gesluit nie en alle ander aktiwiteite gaan soos normaal voort. Al die kampusse is ook toeganklik en word gemonitor om toe te sien na die nodige sekuriteit en die veiligheid van personeel en studente.

Loader sê die UV-bestuur het talle pogings aangewend om die kampusse oop te hou ten spyte van uitdagings met die uitbetalings van NSFAS-beurse.

Dit sluit in vergaderings van UV-verteenwoordigers met NSFAS, die rektor en vise-kansellier prof. Francis Petersen wat met lede van NSFAS vergader het, vergaderings met die minister van hoëronderwys dr. Blade Nzimande en talle ander.

Sy sê dit blyk al hierdie en ander pogings was nie aanvaarbaar vir NSFAS-studente nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.