Nuwe bestuur gereed om te ondersteun

Die nuwe bestuur vir Bloemfontein Toastmasters is onlangs aangewys.


Die nuwe bestuur vir Bloemfontein Toastmasters is onlangs aangewys.

Dié nie-winsgewende organisasie help lede om op hul gemak voor ’n gehoor te praat.

Hannatjie Penning, komiteelid, sê nuwe lede ontvang ’n handleiding en moet toesprake voorberei en aanbied.

“Ná die tyd evalueer ’n ander lid die spreker se toespraak met opbouende kommentaar wat die spreker se sterkpunte uitwys en aandui waar hy kan verbeter.”

Penning sê daar is ’n afdeling waar lede onvoorbereide toesprake lewer om hulle te leer om op hul voete te dink. Daar is ook ’n leierskap-afdeling waar jy ’n sertifikaat van Toastmasters Internasionaal kan verdien as jy verskillende projekte afhandel.

“Die sertifikate kan vir jou baie beteken en jou CV versterk, want dit word hoog aangeskryf in die sakewêreld,” sê Penning.

Sessies word elke tweede en vierde Woensdag van die maand by die Oudstudenteklub by Krigestraat 7, Brandwag, aangebied. Enigeen is welkom.

Die volgende vergadering word vir Woensdag (24/08) om 17:15 beplan. Rig navrae aan Penning by 083-805-1342.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.