Sedert 13 Mei kan hardlopers elke Saterdag aan CityRun Bloem in Groenvlei deelneem.
Die nuwe pretloop begin by die Novel Wellness-sentrum in New Marketweg, naby die Ilanga-landgoed, en volg ’n grondpad tot naby die Bloemfontein-babtistekerk in Langenhovenpark.
Daar is ’n 2,5 km, sowel as ’n 5 km-roete, en honde is ook welkom.
By die begin- en eindpunt is stalletjies met koffie en pannekoek, asook badkamergeriewe vir deelnemers.
Die CityRun, wat van die mobi-tydbandjie gebruik maak, word elke Saterdag om 07:00 aangebied.
Deelnemers word aangemoedig om Saterdag (24/06) oranje aan te trek om die Cheetahs te ondersteun.