Die NG gemeente Pellissier het in Desember ’n skoeneprojek in samewerking met Engo begin om soveel moontlik nuwe skoolskoene en tekkies vir kinders in te samel.
Die projek is gedryf deur Dries Benade. Die skoene is Woensdag 12 Januarie aan personeel van Engo oorhandig en die nuwe skooljaar het vir baie kinders op ’n hoë noot begin.
“Die doel van die projek was om te verseker dat kinders in kinder- en jeugsorgsentrums of in plekke van veiligheid minstens een keer per jaar ’n nuwe paar skoene en tekkies ontvang – iets wat so normaal is vir kinders wat in hul eie gesinshuise grootword,” het ds Rikus Hattingh van Pelissier NG Gemeente gesê.
Engo beplan verskeie projekte vir die jaar.
Indien jy op ’n manier wil betrokke raak, kontak die kantoor per e-pos by info@engo.co.za of besoek die webblad by www.engo.co.za