Nuwe span reg vir aksie

Die eerste netbalspan van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is Donderdag (30/06) op ’n ete by die Salsa Mexican Grill-restaurant in die North­ridge-inkopiesentrum trakteer, waar hulle ook hul Kovsie-baadjies ontvang het.


Kovsies se eerste netbalspan is van links, voor: Elri Groenewald, Reratilwe Letsoale, Xandri Fourie, Michela Steenkamp, Liame de Lange en Nieke van Tonder; agter: Sikoliwe Mdletswe, Ane Retief, Rolene Steutker, Bianca de Wee en Alyssa Trahms. Foto: Lientjie Mentz

Die eerste netbalspan van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is Donderdag (30/06) op ’n ete by die Salsa Mexican Grill-restaurant in die North­ridge-inkopiesentrum trakteer, waar hulle ook hul Kovsie-baadjies ontvang het.

Kovsies se 2021-span was die Varsity-netbalkampioen en die hoofafrigter, Burta de Kock, is opgewonde oor hierdie jaar.

“Daar is ’n goeie balans tussen nuwe en ervare spelers in die span,” sê sy.

Die span is vandeesweek in Pretoria by Camp Discovery, waar hulle tot Sondag (10/07) aan die toernooi van Universiteitsport Suid-Afrika (Ussa) deelneem. Kovsies het in 2013 laas ’n Ussa-titel gewen toe hulle Tuks met 48 – 43 verslaan het.

Die Kovsie-netbalspelers het die eienaar van die Salsa Mexican Grill se dogters elk met ’n getekende netbalbal verras. Van links is voor Lily-Rain (10) en Mila Barrat(11) albei ywerige netbalspelers van die Laer Meisieskool Oranje; agter is Bianca de Wee (Kovsies se aanvallende kaptein), Ané Retief (kaptein), Dion Barratt (eienaar: Salsa Mexican Grill) en Sikoliwe Mdletswe.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.