Die Suzuki S-Presso GL Plus wat vanjaar in Engo se Projek van Hoop gewen kan word, was op 29 Julie op die groot interkerklike basaar in Fichardtpark.


Lesers staan die kans om ’n spiksplinternuwe Suzuki S-Presso GL Plus in Engo se Projek van Hoop te wen.

Die projek word in samewerking met Sentraal24 (waarvan Bloemnuus’n publikasie is), NTT Suzuki Bloemfontein en Radio Rosestad aangebied.

Lede van die publiek kan deur ’n skenking van R30 te doen een kaartjie ontvang waarmee hulle hulself inskryf om ’n kans te staan om dié sportnutsvoertuig ter waarde van R165 000 te wen. Elkeen kan ’n skenking maak soveel keer soos wat hy of sy wil en só meer kanse staan om die motor te wen.

Engo het 67 verskillende sentrums, huise en kantore oor die Vrystaat heen wat by die projek gaan baat. Kinders, bejaardes, gesinne, behoeftiges in verskillende gemeenskappe, gestremdes, siek mense in hospitale en mense wat graag kinders wil aanneem of laat aanneem, sal uit die spesiale projek voordeel trek.

Tyd raak nou min om in aanmerking vir die wen van die motor te kom, met die geleentheid om in te skryf wat net tot 30 September duur. Skenkings vir kaartjies kan op engo.co.za gedoen word, of op die talle markte en by winkelsentrums waar die motor uitgestal word.

Die Suzuki S-Presso GL Plus met ’n klein, maar oulike, voorkoms is een van die beste keuses op die mark as dit by waarde vir geld kom.

  • Dié motor sal onder meer die volgende aan die gelukkige wenner bied: ’n 1.0 liter-enjin;) elektriese ruite voor;) ’n raak-inligtingskerm met tru-kamera;) Apple CarPlay en Android Auto;) Bluetooth-werking;) AUX/USB-verbinding;) lugversorging;) ABS-remme; ) bykomende beperkingstelsel-lugsakke (SRS-lugsakke) voor;) 239 liter-bagasieruimte; en) ’n outomatiese sentrale sluitstelsel.

Die vyf finaliste wat die kans sal staan om die Suzuki S-Presso GL Plus te wen, word ná ’n trekking op 27 Oktober aangekondig.

Evolve Audit and Advisory sal die proses oudit. Die wenner word op 15 November aangekondig.

Hou Bloemnuusen Engo se sosialemedia-plasings dop vir geleenthede waarop kaartjies verkry kan word.

  • Deur Engo met hierdie groot projek te ondersteun, kan weldoeners ’n positiewe verskil bring in die lewe van meer as 200 000 mense wat jaarliks deur Engo se dienste geraak word. Rig navrae oor die projek deur 060-548-5543 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.