Jason McNamara se The Kind Kitchen wys jou hoe om lekker vegetariese disse voor te berei.

The Kind Kitchen

Vegetariese kos is nie vir almal nie. Tog is daar ’n sterk beweging dat mense meer in voeling met die natuur moet leef en daarom vegetaries moet eet.

Vir baie mense wat wel besluit om vegetaries te leef, is dit ’n uitdaging om lekker kos te maak.

Jason McNamara of Jay Mac soos hy na homself verwys, het in 2018 begin met The Kind Kitchen-restaurante in Kaapstad waar innoverende vegetariese geregte voorgesit word.

Natuurlik het Covid-19 sy restaurant-drome grootliks in die wiele gery, maar dié passievolle man het voortgegaan om vegetariese geregte aan klante te bedien – op bestelling.

Nou het hy ’n vegetariese kookboek The Kind Kitchen uitgegee waarin hy wenke gee, kreatiewe resepte deel en beskryf hoe jy vleis met vegetariese bestanddele kan vervang.

Jay sê dat ’n plant-gebaseerde dieet beteken dat jy meestal plante soos vrugte, groente, neute, graan en sade eet en ook suiwelprodukte soos eiers en heuning, maar niks wat lei tot die doodmaak van diere nie.

“As jy besluit om ’n vegetariër te word, is dit nie nodig om net van slaai en groente te leef nie. Inteendeel.”

In The Kind Kitchen verduidelik Jay hoe jy gebruik kan maak van vleisplaasvervangers om interessante kos te kook.

“Ek hoop die boek bied opwindende nuwe resepte aan bestaande vegetariërs en dat dit voornemende vegetariërs sal inspireer om meer kos sonder vleisprodukte te eet.”

* Staan die kans om die boek te wen deur na Bloemnuus se Facebook-blad te gaan en die inskrywing te gaan like. Skryf in die comments: Nuusbrief.

You need to be Logged In to leave a comment.