MMS Holdings het op 10 November nie-bederfbare kos en skoonmaakmiddels van ongeveer R15 000 aan Engo oorhandig. Dit sal aangewend word vir die ondersteuning aan kinders en gesinne in nood oor die Kerstyd. Die bydrae sal aan ongeveer 50 gesinne oor die Vrystaat heen versprei word, waar Engo-kinders oor die Kerstyd gaan kuier. MMS Holdings is al drie jaar by Engo betrokke met verskeie projekte wat aangebied word om in die behoeftes van gemeenskappe te voorsien. Met die oorhandiging is van links, voor: Chris Schoonmaker (operasionele hoof by MMS Holdings International) en Diederik van Niekerk (senior direkteur van MMS Holdings in Suid Afrika en Europa)