Ná 15 jaar in die radiobedryf pak Nicole Viljoen nou ’n splinternuwe avontuur aan.
Dié Bloemfonteiner begin vandeesmaand haar eie potgooi-kanaal: The Paradox.
Onder die kanaal gaan sy twee gereelde potgooi-programme aanbied. In Just Askingpraat sy met bekendes oor interessante onderwerpe. Die ander potgooi is The Prodigal Daughter.
Op laasgenoemde program wil sy mense se getuienisse vertel.
“Ek wil begin met my en my man, Pieter, se storie,” sê Nicole.
“Die afgelope jaar het ons full circle gekom. Ek wil vertel van die pad wat ons gekom het nadat ons verlede jaar in ’n motorongeluk was.”
Nicole sê die Here het vir haar ’n see oopgemaak en sy het gekies om te swem.
“Daar is soveel stories wat ek graag wil vertel. Ek wil gewone mense se stories vertel waar hulle hul getuienis lewer.”
Sy sê sover sy weet sal dit die eerste potgooie in hierdie formaat in die Vrystaat wees.
“Dit is iets waaroor ek baie opgewonde is. Ek kan my passie uitleef en die vrae vra wat ek regtig wil vra.”