Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste span, wat die St. Mary-hokkietoernooi gewen het, is van links, voor: Leané McLaren, Zoë Erasmus, Nicóle le Roux, Tuané van der Westhuizen, Naudene Prinsloo, Ané Janse van Vuuren en Marlezé Hoffman

Die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) se eerste hokkiespan het Sondag (10/04) die St. Mary-hokkietoernooi ’n sesde keer uit die afgelope sewe toernooie gewen.

Die meeste van die land se voorste eerste spanne was in die toernooi in Waverley, Johannesburg, in aksie.

Oranje het Waterkloof in die eindstryd met 3 – 0 getroef. Die Bloemfonteinse meisies was onoorwonne in 12 wedstryde en het net in een kragmeting (teen Herschel Girls’ High) ’n doel afgestaan.

Germarie Spershott was een van vier benoemdes vir speler van die toernooi.

Ané Janse van Vuuren het tydens die toernooi haar 150ste wedstryd vir die eerste span gespeel. Zoë Erasmus, Tuané van der Westhuizen en Elné Lourens het in dieselfde wedstryd ’n 100ste keer vir die eerste span uitgedraf.

You need to be Logged In to leave a comment.