Die spanne van die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) het Donderdag (26/05) ’n goeie dag op die netbalbaan gehad deur in 12 van 15 eindstryde in die Motheo-liga te seëvier.
Een van die 12 wenspanne is o.18A, wat die Hoërskool Sentraal met 39 – 35 verslaan het en daarmee die Tralies as ligakampioen onttroon het. Dit was maar slegs die Oranjeniete se derde triomf as ligawenners in die afgelope 27 jaar.
Oranje het nou 32 van sy 33 wedstryde vanjaar gewen en is derde op die jongste nasionale ranglys. Seges is behaal oor ses skole in die top 10 op die ranglys, naamlik Affies, Menlopark, Helpmekaar, Bloemhof, Durbanville en Monument.