Ná die sukses van die Bloemnuus-oopverhoog waar plaaslike kunstenaars tydens die Vrystaat Kunstefees se minimark in Julie kon optree, is daar weer ’n geleentheid hiervoor op die Vrystaat Kunstefees van 4 tot 8 Oktober.
Die verhoog buite die eksamensentrum sal weer die middelpunt van die Kunstemark op die kunstefees vorm.
Plaaslike kunstenaars word genooi om ’n optrede te bespreek om gratis op dié verhoog op te tree. Die kans hiervoor word in samewerking met Bloemnuusaangebied.
Benewens die Bloemnuus-oopverhoog, kan feesgangers vanjaar by die nuutgeskepte Blêrkas op die parkeerterrein agter die Odeion-teater inloer.
- Die Blêrkas speel vanjaar die gasheer vir ’n verskeidenheid opwindende plaaslike en nasionale musikante, insluitend The Mojo Hands, Liv Die, Safety First, Belinda van Zee and Amy Aldeia, Rise in Red, The Black Cat Bones, Van Pletzen, Francois van Coke, Angie Oeh en Bouwer Bosch. Doen navrae oor optredes op die Bloemnuus-oopverhoog deur ’n e-pos te stuur na michael@vrystaatkunstefees.co.za.