Operasies maak ’n verskil

Die CityMed-daghospitaal het vanjaar 25 gratis operasies ter viering van Mandeladag op Donderdag 18 Julie en Vrydag uitgevoer.


Die CityMed-daghospitaal het vanjaar 25 gratis operasies ter viering van Mandeladag op Donderdag 18 Julie en Vrydag uitgevoer.

Vivienne Pistorius, bemarkings­bestuurder by CityMed, sê benewens gratis teatertyd en voorraad vir die prosedures, het tandartse, dokters en narkotiseurs hul dienste gratis aangebied.

Pasiënte van alle ouderdomme, insluitend 11 kinders van Engo se Kinder- en Jeugsorgsentrums, was deel van die groep pasiënte waarop ’n verskeidenheid prosedures uitgevoer is.

Die tandartse wat by die projek betrokke was, is: drs. Floris Kotze, Caitlin du Plessis en Lushmika Pillay van NuDental; drs. Theuns Steyn, Annine Fourie en Danie van Aarde van City Dental; dr. Ulrike Rautenbach van The Dental Co. ; drs. Leschen Marx en Pieter Kasselman van Dental@Mediclinic; en dr. Charl Kotze van Rosepark Dental Care.

Dr. Pierre Cronje (uroloog), dr. FP du Plessis (ortopeed) en dr. Jaco Strydom (ginekoloog) was ook betrokke.

Die narkotiseurs wat vanjaar betrokke was, is: drs. Louis van den Berg, Rene du Plessis, De Waal Smith, Suzette Olivier, Bennie Bouwer en Liezl Stander.

Pistorius sê dit is die sesde jaar dat die Mandeladag-projek deur die CityMed-daghospitaal en sy dokters aangebied word.

You need to be Logged In to leave a comment.