Opgewonde om te leer

Die klok het die eerste skooldag vir 2022 Woensdag (12/01) by duisende skole oor die binneland heen aangekondig.


Leah Steyn in juffrou Leonie de Kock se Uile-klas aan die Laerskool Universitas (Tjokkies).Foto’s: Lientjie Mentz

Die klok het die eerste skooldag vir 2022 Woensdag (12/01) by duisende skole oor die binneland heen aangekondig.

By die Laerskool Universitas (Tjokkies) was die 130 gr. 1-leerlinge stiptelik om 08:00 by hul tafel, gereed om sommer baie te leer. Geen traan was in sig nie – net opgewonde gesiggies.

In juffrou Leonie de Kock se Uile-klas het die gr. 1-leerlinge elk by ’n oulik versierde tafel met hul naam op gesit, gereed met die eerste werk vir die dag.

Leah Steyn sê sy is opgewonde om met die groot skool te begin en sy sien uit daarna om te speel en te leer.

Die tweeling Liam (links) en Neil Loftus, begin gr. 1 in juffrou Marietjie Barkhuizen se klas aan die Laerskool Universitas.Foto: Verskaf

Simoné (links) en Nanette Schepers, ’n tweeling van Johannesburg wat onlangs na Bloemfontein verhuis het. Die twee het Woensdag gr. 4 aan die Laerskool Universitas begin.

Ziané Swanepoel op haar eerste dag in gr. 1A aan die Laerskool Universitas. Dit is juffrou Lizette Buys (regs) se klas. Ziané se ma, Annerien (links), was in 1991 in Lizette se gr. 1-klas aan die Laerskool Willem Postma.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.