Die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke wat al 15 jaar lank ‘n skoon oudit ontvang het en onlangs as een van die drie beste museums in die land aangewys is, is in sterk kontras met ander museums in die Vrystaat wat provinsiaal bestuur word
Dié museum val onder die nasionale departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning, terwyl museums soos die Ou Presidensie en die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) onder die provinsiale departement val.
Werner Pretorius, DA-woordvoerder vir sport, kuns, kultuur en ontspanning in die Vrystaatse wetgewer, het ‘n beroep op LUR Ntombizanele Beauty Sifuba gedoen om die 11 provinsiale museums onder dié departement se bestuur op te knap sodat hul ekonomiese en toerisme-potensiaal tot hul reg kan kom. Talle museums en erfenisgebiede ondervind ernstige onderhoudsprobleme. Dit sluit die Ou Presidensie in, die Basotho Kulturele Museum buite Phuthaditjhaba, Dingolweng Sotho Literêre Museum, Naln, Militêre Museum by Queens-fort, Transgariep-museum in Philippolis en die Caledonrivier-museum in Smithfield.

Pretorius doen ‘n beroep op Sifuba om begrotings vir dié museums toe te wys en om opgeleide mense aan te stel sodat dit weer tot voordeel van inwoners en toerisme bedryf word.




You must be logged in to post a comment.