Een van die bekendste skrifgedeeltes in die Bybel is waar Jesus se laaste opdrag aangeteken is.

Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees” (Matteus 28:19).

Dié opdrag is die wegspringpunt van die Kairos-gemeente se konferensie wat van 25 tot 27 Februarie aangebied word.

Die gassprekers is kundiges wat daagliks die oes insamel – nie net in Suid-Afrika nie, maar oor die hele wêreld heen.

Fokus sal veral geplaas word op strategieë om mense na die Here te lei in die veranderende tye van die Covid-19-pandemie en tegnologiese vooruitgang.

Praktiese werksessies sal ook aangebied word.

Die konferensie kos R220.

Belangstellendes kan hulle by kairosmissions.net/conference registreer, of ’n e-pos na conference@kairosmissiones.net stuur. Rig navrae per WhatsApp na 082-777-6879.

You need to be Logged In to leave a comment.