Die heining al langs Albrechtstraat is die grensdraad van die nuwe Westdene-park.

Danksy die ruim geldelike bydrae van individue, ondernemings en ander instansies vorder die oprigting van die heining om die Westdene-park in Bloemfontein baie flink.

Die heining wat nou al langs Albercht-straat opgerig word, gaan uiteindelik lei tot die opening van die bewarea van die groen strook tussen Albrechtstraat en Genl Hertzogstraat aan die anderkant van die koppie. Talle woonhuise in Westdene in strate soos Brebnerweg, Reygerstraat se bopunt en Genl. Hertzogstraat asook huise in Dan Pienaar in Kommandant Senekalstraat, Kaptein Dawsonstraat en Kaptein Goodmanstraat in Dan Pienaar grens aan die gedeelte wat vroeër dikwels las gehad het van veldslapers wat vure in die gebied maak. Ná verskeie aksies in die veldslapers in die gebied verwyder.

Die gemeenskap het die afgelope jaar al meer as R250 000 geskenk om die bewarea en ‘n veiliger omgewing vir inwoners aangrensend tot die gebied in Westdene en Dan Pienaar, moontlik te maak.

Michael Deutschmann van die Westdene-woonbuurtvereniging, sê die oprigting van die heining vorder fluks en sal na verwagting einde Mei voltooi wees.

“Wanneer die heining opgerig is, sal ons begin met toegangsbeheer vir mense wat lidmaatskap het van Vriende van Westdene-park.”

Vriende van die Westdene-park sal in die park kan gaan stap.

Rig navrae oor die park en oor lidmaatskap aan Deutschmann by info@westdene.net of bel hom by 071 348 5353.

You need to be Logged In to leave a comment.