Opwindende seisoen van die Wesgrow Sentrale Skolesportreeks eindig op ’n hoë noot

Ná ’n opwindende seisoen op die sportveld, is die Hoërskool Jim Fouché aangewys as die wenners in drie afdelings van die Wesgrow Sentrale Skolesportreeks.


Ná ’n opwindende seisoen op die sportveld, is die Hoërskool Jim Fouché aangewys as die wenners in drie afdelings van die Wesgrow Sentrale Skolesportreeks.

Op die prysuitdeling wat Dinsdag 20 Augustus by die Hoërskool Sentraal aangebied is, is die Hoërskool Bethlehem Voortrekker as die algehele wenner van die reeks aangewys.

Die reeks, wat sedert Februarie aangebied is, het talle hoogtepunte opgelewer. Danksy topgehalte skolesport en hope aksie lok die reeks reaksie vanuit vele oorde.

Die reeks strek oor die Vrystaat en Noord-Kaap en het ook reeds in 2023 begin met ‘n laerskoolafdeling.

Gys Coetzee, uitvoerende direkteur van die Wesgrow-reeks se reëlingskomitee, sê dit was wonderlik om die Universiteit van die Vrystaat (UV) en Sentraal24 as vennote tot die reeks te verwelkom. “Die betrokkenheid van instellings soos hierdie maak dit moontlik vir skole om aan leerlinge geleenthede te bied tot verdere ontwikkeling.”

Coetzee sê dit is ‘n voorreg vir skole om deel van ‘n reeks te wees waar elke leerling die geleentheid kry om te kan deelneem. Massadeelname en gesonde mededinging bly die grondslag van dié reeks. As vereiste vir deelname word daar ‘n minimum getal gekoppel aan die hoeveelheid spanne wat in elke sportkode moes deelneem. Dit verseker dat elke speler sy skool mag en kan verteenwoordig.

Jeannine van Zyl, hoofbestuurder van Sentraal24, sê dit was vir dié gemeenskapskoerantgroep vanjaar ’n voorreg om as ‘n media-borg by die Wesgrow-reeks betrokke te wees. “Hierdeur het ons ons verbintenis tot skole in ons streek en die belangrikheid, asook invloed, van skolesport in ons streek bevestig.

Ons betrokkenheid by dié reeks met massadeelname het gehelp om die reeks te bevorder, sigbaarheid en blootstelling te verhoog en om die talente en prestasies van leerlinge uit te lig. Dit was vir ons ’n voorreg om as mediaborg op hierdie manier steun te bied aan skole in die sentrale deel van ons land wat op ’n hoë vlak in verskillende sportsoorte meeding – en waar gesonde kompetisie heers. Dit was ook vir ons ’n voorreg om verhoudings met ander borge en die skole te versterk om toe te sien dat die reeks van krag tot krag sal gaan.”

“Ons betrokkenheid by dié reeks met massadeelname het gehelp om die reeks te bevorder, sigbaarheid en blootstelling te verhoog en om die talente en prestasies van leerlinge uit te lig. Dit was vir ons ’n voorreg om as mediaborg op hierdie manier steun te bied aan skole in die sentrale deel van ons land wat op ’n hoë vlak in verskillende sportsoorte meeding – en waar gesonde kompetisie heers. Dit was ook vir ons ’n voorreg om verhoudings met ander borge en die skole te versterk om toe te sien dat die reeks van krag tot krag sal gaan.”

Die Hoërskool Sentraal en Hoërskool Fichardtpark, was saam met die Hoërskool Jim Fouché die Bloemfontein-skole in die reeks. Uit Kimberley het die Hoërskool Diamantveld deelgeneem, uit Welkom die Hoërskool Goudveld en Kroonstad die Hoërskool Trio en uit Bethlehem was die Hoërskool Witteberg saam met die Hoërskool Voortrekker deel van die aksie.

Die Hoërskool Diamantveld se o.19-rugbyspanne het die reeks onoorwonne afgesluit en die beker gelig op ‘n puik seisoen. Net so het die Hoërskool Jim Fouché die netbalafdeling gewen, met die o.19 A- en o.19B-spanne wat onderskeidelik eerste in hul ligas gekom het. Die spanne van die Hoërskool Witteberg (o.19C) en die Hoërskool Sentraal (o.19D) het eerste in hul liga-groep in die netbal geëindig.

Wouter Jonker van die Hoërskool Fichardtpark tydens een van die Wesgrow-wedstryde teen die Bethlehem Voortrekker Hoërskool in die Wesgrow Sentrale Skolesportreeks op 16 Maart.Foto: Willie Kruger

In die afdeling vir seunshokkie het Jim Fouché gewen, terwyl die Hoërskool Fichardtpark se o.18A-span bo-aan die punteleer in dié afdeling was. JF se o.18B-span het hul liga gewen en daarvoor help sorg dat dié skool die seunshokkietrofee wen. Bethlehem Voortrekker Hoërskool het die o.18 meisies-hokkie-afdeling oortuigend gewen.

Om die finale en algehele wenner van die reeks te bepaal, is prestasie van alle spanne vanaf onder 14 tot en met die onder 19 spanne in berekening gebring.

“Dit is wonderlik om terug te kyk na ‘n seisoen vol aksie. Hoewel sommige spanne se seisoene met meer uitdagings gepaard gegaan het as ander, was dit wel ‘n belewenis om die deelname tussen skole te beleef en die kameraderie van spansport te aanskou. Dankie aan elke speler, afrigter en ouer van elke skool wat die reeks ondersteun en jul skole met trots verteenwoordig het,” het Coetzee gesê.

Dit is wonderlik om terug te kyk na ‘n seisoen vol aksie. Hoewel sommige spanne se seisoene met meer uitdagings gepaard gegaan het as ander, was dit wel ‘n belewenis om die deelname tussen skole te beleef en die kameraderie van spansport te aanskou. Dankie aan elke speler, afrigter en ouer van elke skool wat die reeks ondersteun en jul skole met trots verteenwoordig het,

Die reeks behou sy verbintenis met SuperSport wat danksy die Super Sport Schools-platvorm wedstryde aanlyn uitgesaai het. Dit maak dit moontlik dat die reeks, wat oor drie provinsies strek verdere blootstelling aan belanghebbendes gee.

Die reeks het via sportmanskap bewys hoe mense kan saamtrek en in goeie trou optree tot almal in die gemeenskap se voordeel. Ons sien met verwagting uit na die roemryke toekoms van die reeks.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.