Oranje-atlete vorm wenspan

Die Hoër Meisieskool Oranje se A-span, met net nege lede, het op 18 Februarie as wenner onder die meisiespanne op die Sentraal-NWU-top 20-atletiekbyeenkoms weggestap.


Die Hoër Meisieskool Oranje se A-span, met net nege lede, het op 18 Februarie as wenner onder die meisiespanne op die Sentraal-NWU-top 20-atletiekbyeenkoms weggestap.

Die tiende spanlid, Charné Wansbury, moes haar weens siekte onttrek.

Spanne het aan vier veldnommers deelgeneem. Oranje het teen skole soos die Hoërskool Jim Fouché, Renish, Fichardtpark, Goudveld, Pretoria-Noord en die Hoërskool Sentraal, asook Eunice High School, meegeding.

Die voorste prestasie deur ’n Oranjeniet volgens die puntetabel (916 punte) is behaal deur Zelmarie Smook (o.15) in die 90 m-hekkies, wat sy in 13.46 afgeblits het. Sy was ook eerste oor die wenstreep in die 300 m-hekkies.

Germarie Spershott (o.17) se wentyd in die 400 m-hekkies (62.75) was self ’n puik poging volgens die tabel (913 punte). Sy was ook eerste in die spiesgooi.

Johani van Tonder (o.19) was die ander atleet van dié skool wat twee goue medaljes, in verspring- en driesprongnommers, behaal het.

Die A-span se Germarie, Roline Louw, Diné le Roux en Marilet Blom het die 1 000 m-aflos in ’n rekordtyd van 2:16.46 gehardloop.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.