Oranje kook in toernooi

Die Hoër Meisieskool Oranje se o.14A-hokkiespan het op Sondag 11 Augustus die Top12-toernooi in Stellenbosch op ’n oortuigende wyse gewen.


Die Hoër Meisieskool Oranje se o.14A-hokkiespan het op Sondag 11 Augustus die Top12-toernooi in Stellenbosch op ’n oortuigende wyse gewen.

Die land se 12 topspanne in dié ouderdomsgroep volgens die Suid-Afrikaanse ranglys, was hier in aksie.

Oranje het Rhenish met 4 – 0 in die eindstryd verslaan en die toernooi onoorwonne afgesluit.

Dié span het nog nie ’n enkele keer in 2024 verloor nie. Oranje se totaal van 27 doele was by verre die meeste in die toernooi.

Die volledige uitslae vir die dag is:

3 – 0 t. Pearson

6 – 1 t. Reddam House Constantia

4 – 0 t. Our Lady of Fatima

3 – 3 t. Rhenish

4 – 0 t. Stellenberg

3 – 1 t. Paarl Gim (halfeind)

4 – 0 t. Rhenish (eindstryd)

Oranje se o.16A- en o.18A-spanne het altwee agtste in die Fairtree Top 12-toernooi in Bloemfontein geëindig.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.