Die trofeekas by die Hoër Meisieskool Oranje is nog een ryker nadat die o.18A-netbalspan die Meisieskool La Rochelle se superskole-toernooi van 7 tot 11 April in die Paarl gewen het.
Dit is die span se vyfde kroon in die afgelope 12 maande. Oranje het Paarl Girls’ High met 24 – 20 in die eindstryd verslaan in ’n herhaling van 2022 se eindstryd van die nasionale kampioenskap, toe hy met drie doele baas was. Dit was ook die tweede oorwinning oor Girls’ High in die toernooi.
Vier van die deelnemende skole het verlede jaar in die top tien op die nasionale ranglys geëindig.