Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste hokkiespan is vroeg in die jaar reeds aan die brand. Die span het van Vrydag (17/03) tot Sondag vier oortuigende oorwinnings in Oos-Londen behaal.
Oranje het op die Greg Beling-toernooi oor die Hoërskole Stirling (7-1), Woodbridge (9-2), Clarendon (6-1) en Waterkloof (8-0) geseëvier.
Clarendon het verlede jaar 14de op die nasionale ranglys geëindig en Waterkloof 12de.
Oranje is nog onoorwonne onder die nuwe afrigter, Gyster van Schalkwyk, wat in Augustus 2022 die leisels by Morné Odendaal oorgeneem het.
Die span is einde vandeesmaand weer in aksie op die St. Mary-toernooi in Johannesburg – ’n toernooi wat hulle ses uit die vorige sewe keer gewen het.