Uitblinker-swemmers is van links Caileigh de Beer (namens die o.14-wenspan), Nanette Jordaan (namens die o.16-wenspan), Miché Johns (namens die o.19-wenspan) en Anieke Helmand (swemkaptein en die beste swemmer 17 jaar en ouer). Foto: Verskaf


Die Hoër Meisieskool Oranje het ’n agtste keer agtereenvolgens die inter­hoërswemgala se meisieskool-afdeling gewen en was in drie ouderdomsgroepe die meisiespan-kampioen.

Die swemgala is op 23 en 24 Februarie by Grey-kollege beslis.

Die swemmers van Oranje het in die o.14-, o.16- en o.19-ouderdomsgroep geseëvier en het altesaam 19 goue medaljes verower. Dit het prestasie in vyf aflos-nommers ingesluit.

Anieke Helmand was die voorste swemmer in die ouderdomsgroep 17 jaar en ouer. Anieke het al vyf individuele eindrondes waarin sy geswem het, gewen.

You need to be Logged In to leave a comment.