Oranje onder top 50 ná Midmarmyl

Die Hoër Meisieskool Oranje is op Sondag 10 Februarie op die Midmarmyl-oopwater­swembyeenkoms in KwaZulu-Natal se prysuitdeling as die topmeisieskool aangewys.


Die Hoër Meisieskool Oranje is op Sondag 10 Februarie op die Midmarmyl-oopwater­swembyeenkoms in KwaZulu-Natal se prysuitdeling as die topmeisieskool aangewys.

Sewe swemmers was in die ouderdoms­groep 14 tot 30 jaar onder die top 50 (uit 912).

Hulle is: Francis Whelan (24ste; 25:08), Kate-Lynn de Jager (26ste; 25:11); Francisca van Rooyen (29ste; 25:42), Jana Helmand (30ste; 25:52), Caileigh de Beer (38ste; 26:20), Nanette Jordaan (45ste; 26:36) en Ané Snyders (46ste; 26:36).

In die ouderdomsgroep 13 jaar en jonger was daar vier Oranjeniete onder die eerste 50 uit die water: Emma Pretorius (25:51), Meandri de Vos (25:52), Anja Volschenk (27:23) en Carlaine van Renseburg (29:19).

You need to be Logged In to leave a comment.