Reese Thompson, verdediger van OMS, vlieg deur die lug teen die Hoërskool Goudveld vir wie Oranje met 28-13 gewen het.Foto: Verskaf


Die Hoër Meisieskool Oranje se vyf A-netbalspanne het geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer almal in die top-2 in die Vrystaat te eindig en sodoende vir die nasionale kampioenskappe te kwalifiseer.

Vier spanne – die o.14’s, o.15’s, o.17’s en o.18’s – is vanjaar se Vrystaatse kampioene. Die o.16’s is naaswenners. Die Suid-Afrikaanse kampioenskap vind in Augustus in Boksburg plaas. Dis slegs die tweede keer in Oranje se netbalgeskiedenis dat vier van die vyf A-spanne die provinsiale wenner is. Dit het ook in 2019 gebeur.

Die eerste span het Vrydag vir Sentraal in die eindstryd met 26 – 23 geklop om die trofee wat in 2019 verower is – die laaste keer wat die kampioenskappe plaasgevind het – te behou. Dis die eerste keer dat die o.18A-span in dieselfde jaar die Motheo-distrik en provinsiale wenner is. OMS was verlede maand in die Motheo-eindstryd ook teen Tralies met 39 – 35 baas.

Oranje het Voortrekker in die halfeindstryd met 29 – 17 verslaan en in die groepfase met Wilgerivier (31 – 14), Goudveld (28 – 13) en Witteberg (44-3) afgereken. Die span het tans ’n wenpersentasie van 93%.

You need to be Logged In to leave a comment.