Die o.13A-span van die Laer Meisieskool Oranje (OMS) was tweede in die eindronde van die Pietie Coetzee-hokkietoernooi, wat op 12 en 13 Augustus by dié skool aangebied is.
Marichelle Crous is die speler van die toernooi en Alexa Olivier het die eerbewys vir die meeste doele in die toernooi ontvang.
Die span het die Laerskool Vaalpark met 4 – 0 geklop en eindelik met 0 – 1 teen Eunice Primary School vasgeval.
Die skool se o.7A- en o.7B-span het hul voorwedstryd gewen.
OMS se o.12A-span was sewende in die toernooi. Dié span is vir sy goeie spel en harde werk as die span met die meeste sportmangees aangewys.
- OMS se sportmeisies onderskei hulle op ’n wye gebied. Munay Uys (o.11) en Ellé Cloete (o.13) is in die Suid-Afrikaanse laserwedloopspan ingesluit wat van 22 tot 25 September aan die wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Portugal gaan deelneem.