Oranje toon staal in toernooi

Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste netbalspan het Maandag (02/05) die Hoërskool Sentraal se sporttoernooi onoorwonne afgesluit deur Helpmekaar-kollege in die eindstryd met 17 – 12 te troef. Oranje het die Hoërskool Pietersburg met 26 – 11 in die h


Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste netbalspan het Maandag (02/05) die Hoërskool Sentraal se sporttoernooi onoorwonne afgesluit deur Helpmekaar-kollege in die eindstryd met 17 – 12 te troef. Oranje het die Hoërskool Pietersburg met 26 – 11 in die halfeindstryd verslaan.

In die groepfase is oorwinnings behaal oor die Hoërskool Oos-Moot (26 – 12), Noordheuwel (24 – 16), Voortrekker (27 – 8), Jim Fouché (28 – 10), Upington (20 – 7) en Kalahari (35 – 8).

Die Oranjeniete was verlede maand ook onoorwonne op die Paarl Gimnasium-toernooi en die span se wengemiddelde vanjaar is nou 91% (31 uit 34).

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.