Oranjeniete haal rekords met hul blitsige treë

Die atlete van die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) het op 4 Maart uitstekend gevaar op die Vrystaatkampioenskapsbyeenkoms in Sasolburg.


Die atlete van die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) het op 4 Maart uitstekend gevaar op die Vrystaatkampioenskapsbyeenkoms in Sasolburg.

Die 24 goue medaljes, asook die 56 medaljes wat altesaam verwerf is, was die tweede meeste wat op byeenkoms behaal is, naas die medalje-oes van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem. Dit maak Oranje weer die Vrystaat se naas­beste atletiekskool uit 188 skole.

Nege jaar nadat die Vrystaatrekord in die 100 m-aflos vir o.19’s deur die Hoërskool Jim Fouché opgestel is, het OMS se Elizabeth Fick, Charné Wans­bury, Zelmarie Smook en Roline Louw dit van 50.04 na 49.45 verbeter. Oranjeniete was verantwoordelik vir vyf van die 19 rekords wat verbeter is:

  • Charné het in die 200 m met 24.59 en 24.70 die rekord van 24.73 verbeter wat in 2019 opgestel is.
  • Diné le Roux (o.16) het in die 100 m-hekkies met 14.20 die rekord van 24.29 verbeter wat in 2007 opgestel is.
  • Ook die o.15’s het die rekord in die 4 x 100 m van 2013 (50.93) na 50.54 verbeter.

Charné is nou die houer van vier Vrystaat-rekords: as o.19-atleet in die 200 m (24.59); in die 200 m vir meisies o.15 (24.93); in die 100 m vir meisies o.15 (12.26) en in die 100 m vir meisies o.14 (12.47).

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.