Leerlinge van die Laer Meisieskool Oranje wat op sportgebied uitblink, is van links Lika Claassens, Genevieve Goodchild en Mandie Claassens.Foto: verskaf


Drie tennisspelers van die Laer Meisieskool Oranje is ingesluit in die Suid-Afrikaanse o.13-tennisspan.

Hulle het die Vrystaatse span van 9 tot 11 Augstus by die IPT-tenniskampioenskap in Pretoria verteenwoordig en die titel gewen.

Atlete van Oranje het ook op 10 en 11 Augustus aan die Suid-Afrikaanse biathle- en triathle-kampioenskapsbyeenkoms in Oos-Londen deelgeneem:

  • Lea Cilliers was derde in biathle en tweede in triathle.
  • Munay Uys was derde in biathle en derde in triathle.
  • Z’ney Piechaczek was sewende in biathle en ook sewende in triathle.
  • Chani Britz was agtste in biathle en sesde in triathle.
  • Tené Venter was 11de in biathle en tiende in triathle.

Ander presteerders is Izay Kritzinger en Jordan de Wit het van 9 tot 11 Augustus aan die GoJuKai-karate-kampioenskapsbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem en is ingesluit in die Suid-Afrikaanse karatespan wat in 2025 na Japan sal toer. Izay het goud behaal in die kata en brons in die kumite, Jordan het goud behaal in kumite en silwer in die kata.

You need to be Logged In to leave a comment.