Oranjeniete ryg pryse in op nasionale verhoë

Die Hoër Meisieskool Oranje se toneelstuk Vry is een van agt finaliste wat gekies is vir die nasionale eindronde van die ATKV-tienertoneelkompetisie.


Die Hoër Meisieskool Oranje se toneelstuk Vry is een van agt finaliste wat gekies is vir die nasionale eindronde van die ATKV-tienertoneelkompetisie.

Die groep het ook Woensdag gehoor dat hulle gekies is as een van die groep van 12 uit 148 produksies in die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se nasionale toneelfees. Dié fees word op 15 en 16 September in Pretoria aangebied.

Vry is een van die toneelstukke wat sal meeding om die ATKV-tienertoneeltrofee wat van 3 tot 6 Oktober in die Lyric-teater by Gold Reef City aangebied word.

Vry het al baie lof ontvang.

Op die FAK-Allegretto-toneelfees se Hugie Week Twee in Springs het die toneelstuk derde plek behaal.

Ancois Bodenstein het die eerbewys ontvang vir die beste vroulike speler in ’n hoofrol.

Vry het goue eerbewyse gekry vir produksie, regie (deur Chanmari Erasmus), klank (Mienke Brummer), beligting (Lee-Ann Mouton), ensemble, kostuums, dekor en spel (Jenna van den Berg en Ancois Bodenstein).

Dominique du Plessis het ’n silwer eerbewys gekry vir spel en die tegniese samestelling is ook met silwer vereer.

Die teks deur Pieter Odendaal is op dié kompetisie met ’n brons beloon.

Op die Fraserburg Logan-toneelfees waar 42 produksies op die verhoog was, het Vry ’n goue eerbewys ontvang as beste produksie, beste kreatiewe gebruik van Afrikaans, beste regie en beste senior aktrise (Ancois).

Jenna is op die fees aangewys as naasbeste senior aktrise en Dominique as naasbeste byspeler.

Die toneelstuk het goud verower vir klank, beligting en ensemble.

Op die ATKV-tienertoneelfees se streeksuitdun in Bloemfontein het Vry ’n eerste plek uit 32 stukke behaal.

Ancois is aangewys as die beste vroulike speler in ’n hoofrol.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.