Rumé Burger het op Saterdag 17 Februarie in Pretoria twee rekords laat spat.Foto: Verskaf


’n Jong naelloper van die Hoër Meisieskool Oranje (OMS) het Saterdag 17 Februarie op die Curro Top-14-byeenkoms in Pretoria twee rekords laat spat.

Rumé Burger (o.17) het eerste plekke in rekordtye behaal en is as die beste senior baanatleet op dié byeenkoms aangewys.

Dié Oranjeniet het die 100 m-nommer in ’n blitstyd van 11.95 gewen en die 200 m in 23.86.

Op dieselfde byeenkoms het Marilet Blom (o.19), ook van die OMS-atletiekspan, in die 400 m-hekkies (1:02.50) geseëvier.

Drie van die OMS se atlete het goud gewen op die Hoërskool Sentraal se Top-20-atletiekbyeenkoms wat Vrydag plaasgevind het.

Hulle is Carlé Stockenstrom (o.19) in die 800 m-nommer (02:24.27), Carla Smith (o.19) in die 100 m-hekkies (00:14.96) en Mieke Potgieter (o.17) in hoogspring (1,50 m).

Die byeenkoms is in samewerking met die Noordwes-Universiteit (NWU) aangebied.

You need to be Logged In to leave a comment.