Oranjeniete skitter

Toneelspelers van die Hoër Meisieskool Oranje het ’n lang rits eerbewyse gekry vir hul toneelstuk In die helder donker op Sondag 27 Julie se FAK Allegretto Toneelfees se Hugie Week Twee in Springs. Die produksie is as die beste leerlingproduksie aang


Toneelspelers van die Hoër Meisieskool Oranje het ’n lang rits eerbewyse gekry vir hul toneelstuk In die helder donker op Sondag 27 Julie se FAK Allegretto Toneelfees se Hugie Week Twee in Springs. Die produksie is as die beste leerlingproduksie aangewys.

Oranje se ander opvoering op die fees, DOP, was derde uit sowat 30 produksies en was ’n finalis om die eerbewys vir beste produksie te ontvang.

OMS

Die leerlinge betrokke by die twee produksies is van links, voor: Theresa-Louise Fourie, Dominique du Plessis, Caitlin Erasmus en Miné Truter; agter: Miana Fourie, Cara Conradie en Lee-Anne Mouton. Foto: Verskaf

Die finaliste vir die nasionale ronde van dié tienertoneelfees (wat oor ses weke strek) word einde Augustus aangekondig.

Caitlin Erasmus, ’n gr. 11-leerling, is vir haar spel in DOP as die mees belowende vroulike speler aangewys.

DOP het talle goue eerbewyse ontvang. Dit was die beste wat betref: produksie, ensemble, tegniese hantering, spel (Caitlin), beligting (Lee-Anne Mouton), klank (Theresa-Louise Fourie), choreografie (Domini­que du Plessis), verhoogbestuur en regie, kostuums, beligtingont­werp en klanksamestelling. Die produksie het silwer-eerbewyse ontvang vir spel (Dominique), grimering en dekor, asook brons vir sy plakkaat.

In die helder donker het goue eerbewyse gekry: tegnies, beligtings­hantering (Miana Fourie), verhooghulp (Miné Truter) en verhoog­bestuur (Cara Conradie).

Silwer is ontvang vir: spel (Dominique en Caitlin), regie (Lee-Anne), die plakkaat, produksie, klanksamestelling, klank­hantering, ensemble, beligtings­ontwerp en choreografie. Brons is toegeken vir spel (Theresa-Louise en Cara), kostuums en dekor.

You need to be Logged In to leave a comment.